Blog

The Costs’ of saying goodbye – Infographic

Please include attribution to grobbelaars.com/ with this graphic.

The costs of saying goodbye

Share this Image On Your Site

Hoe om ‘n bekostigbare begrafnispolis te kies

Bekostigbare Begrafnispolisse

Die kostes om hierdie ou wêreld te verlaat, is iets waaraan niemand van ons graag dink nie. Tog moet ons een of ander tyd daaroor besin, want as ons dit nie doen nie gaan ons geliefdes die las daarvan moet dra en daarom behoort bekostigbare begrafnispolisse ons prioriteit te wees.

In die bepaling van die hoeveelheid dekking wat benodig word, moet in gedagte gehou word dat elkeen van ons ‘n verskillende bedrag benodig, afhangende van wat jy dink die finale uitgawes van jou begrafnis gaan wees met inagneming van die invloed van inflasie op begrafniskoste en ander uitgawes wat daarmee gepaard gaan soos reis en verblyf.

Baie polis maatskappye laat toe dat jy ekstra persone op die polis aanbring, bv. jou eggenote en kinders en selfs bejaarde ouers wat baie jare gelede ‘n “begrafnisboekie” uitgeneem het wat nou volopbetaald is, maar in die lig van huidige begrafniskoste  totaal onvoldoende is.  Dit alles beinvloed natuurlik die maandelikse betaalbare premie en die globale dekkingsbedrag.  Jy sal hierdie ekstra kostes ook in ag moet neem in jou soeke na bekostigbare begrafnis polisse.

Wanneer jy verskillende bekostigbare begrafnispolis opsies het, is dit glad nie so vergesog om die uitleg van hoe jy wil hê jou begrafnis moet wees op papier neer te pen en die kostes van elke aspek daarvan te bepaal nie. Die uiteindelike bedrag sal handig te pas kom in die bepaling van die dekkingsbedrag wat jy benodig.

Bekostigbare begrafnispolisse van Grobbelaars Finansiele dienste

Doen bietjie navorsing oor bekostigbare begrafnispolisse in jou omgewing

Met hierdie finale bedrag in die hande kan jy begin navraag doen oor die verskillende bekostigbare begrafnispolisse wat beskikbaar is in jou area. Onthou om die termes en voorwaardes na te gaan en kies dan die een wat jou behoeftes die beste pas.

Natuurlik moet jy ook eers jou maandelikse begroting nagaan om te bepaal of jy die maandelikse polispremie sal kan bekostig. Net soos met enige ander premie wat jy betaal, kan die bedrag verskil afhangende van die totale dekking wat die polis bied. Wanneer jy polisdekking kies, hou dit in gedagte sodat jy wel die maandelikse premie kan bekostig.

Die bostaande inligting sal jou help om te verstaan wat jy werklik benodig, sodat jy ‘n ingeligte besluit oor bekostigbare begrafnispolisse makliker kan maak. Dit sal jou help om die maatskappye wat nie jou behoeftes tegemoet kan kom nie, uit te skakel sodat jy kan fokus op die wat wel kan. Neem gerus jou tyd wanneer jy hierdie belangrike besluit moet neem, maar moet nie uitstel om dadelik weg te spring in jou soeke na ‘n bekostigbare begrafnispolis nie.

Grobbelaars Finansiële dienste fokus op bekostigbare begrafnisprodukte vir individue, kerke, maatskappye en organisasies en behalwe vir die gemoedsrus dat u voorsiening gemaak het vir genoegsame begrafnisdekking wannneer die onvermydelike dag aanbreek, kan u ook uitsien daarna om op professionele wyse en in u eie taal geakkommodeer te word by Grobbelaars