Maak die lewe vir jouself makliker deur middel van begrafnisversekering

Om ‘n begrafnis te beplan is nou nie juis een van ons gunsteling dinge om te doen nie, maar een of ander tyd is dit iets wat ons almal sal moet oorweeg. Ons is so geneig om ons lewens te leef sonder om veel te dink aan die einde daarvan, maar een ding is verseker – ons gaan almal sterf en vir sommige kom die einde van hul lewenspad alreeds vroeg in hul lewe. Begrafnisversekering is op sy beste maar ‘n morbiede gedagte, maar tog uiters belangrik om te verhoed dat ons naasbestaandes agterbly met baie moeilike besluite om te neem na ons afsterwe, of nog erger, in ‘n posisie gedompel is waar daar geen finansiele voorsiening gemaak is vir ‘n begrafnis nie en nou moet raap en skraap om die nodige fondse bymekaar te kry.

Begrafnisversekering van Grobbelaars Finansiële Dienste

Begrafnisversekering van Grobbelaars Finansiële Dienste

Kry presies wat jy wil hê met jou begrafnisversekering

Wanneer jy begrafnisversekering uitneem by Grobbelaars Finansiële Dienste en  jou eie begrafnisreëlings opstel in samewerking met een van hulle professionele konsultante, kan jy presies kry wat jy wil hê. Die doel hiervan is drieledig: jy kry gemoedsrus dat jy voldoende voorsiening gemaak het vir jou begrafnis;  jy kry die geleentheid om te verseker dat jou begrafnis volgens jou keuse verloop en jy spaar jou familie die hartseer om hierdie onaangename taak te verrig wanneer jy nie meer daar is nie. Op hierdie manier gee jy jou geliefdes die gemoedsrus dat hulle kan rou sonder die ekstra spanning wat die reël van jou begrafnis gaan meebring.
Miskien het jy ‘n spesifieke voorkeur met betrekking tot waar jy ter ruste gelê wil word. Dit is belangrik om verskeie redes. Die begrafnisondernemer wat jy kies as deel van jou begrafnisversekering mag dalk die plek wees waar jy wil hê jou begrafnis moet plaasvind en dan is dit baie belangrik dat hulle vooraf weet presies wat jy in gedagte het vir jou eie begrafnisdiens. Die begrafnis reëlings sluit ook in die vervoer van jou oorskot na ‘n ander plek, bv. die kerk vir die begrafnisdiens indien jy dit so verkies. Deur self jou begrafnis te beplan kry jy die geleentheid om te verseker dat jou begrafnis verloop soos wat jy dit graag wil hê met die tipe kis, blomme en musiek volgens jou keuse.

Begrafnisversekering sluit ook in ‘n keuse tussen ‘n verassing en teraarde bestelling. Hou in gedagte dat ‘n teraarde bestelling gewoonlik duurder is danksy die werk betrokke in die begraafplaas om ‘n graf voor te berei. Verassing is oor die algemeen goedkoper en ook meer omgewingsvriendelik. Dit is belangrik dat jou begrafnisbeplanning ook die keuse van jou raaste rusplek insluit, hetsy dit in die begraafplaas of ‘n herdenkingsmuur gaan wees, of dalk verkies jy om die plek aan te dui waar jou as gestrooi moet word. Om afsluiting te kry na jou afsterwe is baie belangrik vir jou familie en deur behoorlik voorsiening te maak deur middel van voldoende begrafnisversekering en gepaardgaande reëlings, maak jy hierdie moeilike pad vir hulle ‘n effe makliker.

0.00 avg. rating (0% score) - 0 votes
0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *