Advies met betrekking tot grafstene

Pryse van grafstene wissel vanaf R3 000 tot R20 000, afhangende van die tipe graniet wat u verkies, asook ander bykomstighede.
Verskillende kleure graniet is beskikbaar, maar die mees populêre en bekostigbare is ‘n donker steenkoolgrys, naamlik Rustenburg-graniet.

Polering speel ‘n rol by die prys van ‘n gedenksteen, asook enige ander tipe afwerking, soos byvoorbeeld die grofgekapte effek, wat arbeidsintensief is. In die verlede was dit nodig om met die oprigting van ‘n gedenksteen te wag totdat die grond genoegsaam gesak het om insinking te vermy.
Tans het alle begraafplase ‘n tuin- of parkafdeling, ook bekend as ‘n bermafdeling en in die nuwer begraafplase, soos Pretoria Oos, bestaan daar glad nie ‘n volgrafafdeling nie.

Die berm is ‘n sementstrook wat tussen twee rye grafte gegooi word, met die grafnommer duidelik daarop aangebring.  Twee gedenkstene word rug-aan-rug op hierdie sementstrook opgerig.  Tussen die rye gedenkstene word die grond gelyk gemaak en gras geplant.  Sodra hierdie sementstrook aangebring is, kan ‘n gedenksteen opgerig word.
Vir meer inligting kan u ons kantoor skakel by (012) 329 3682/3/4.
Grobbelaars Begrafnisdienste bied hulp aan met betrekking tot die keuse en bestelling van grafstene.

U is welkom om ons persoonlik te ontmoet en meer voorbeelde van grafstene in ons katalogus te besigtig of om ‘n grafsteen van u eie keuse to ontwerp.  Vir meer inligting kan u ons kantoor skakel by (012) 329 3682/3/4.