Wat ons kliente te se het oor ons dienslewering

Ek loop ‘n jare lang pad met Grobbelaars Kerkstraat Begrafnis Dienste. Die pad het nie begin by ‘n begrafnis nie, maar by GKBD se mense se passie om ‘n positiewe verskil in die gemeenskap te maak.

Ja, as deel van Inter Trauma Nexus is daar professionele kontak en wedersydse verwysing, maar dit is nie wat ons verhouding instand gehou het nie. Ek kan met vermoedigheid verwys na hulle teer sorg vir mense wie geliefdes aan die dood afgestaan het.

Daar is egter ‘n ander sy van GKBD waarvan almal nie bewus is nie. Hierdie bestuurspan gee baie om vir die welstand van die mense wat met mense werk. Hulle besoek die  verpleegpersoneel in die bejaardesorgeenheid en hospitale met die doel om hulle te bemoedig en aan te moedig om vol te hou met hulle goeie werk. Van tyd tot tyd met ek die voorreg om bemoedigende boodskappe saam met hulle te deel.

Deel van die bestuurspan se geheim tot sukses is dat hulle besonder lief is vir hul werknemers. Keer op keer reel hulle werkswinkels en selfs beradingsessie om elke spanlid se geestelike en emosionele gesondheid te bevorder.

Mag julle entoesiasme vir die lewe net verder blom.

Dankie vir elke traan wat julle afvee en vir die warmte waarmee julle ‘n verskil in die gemeenskap maak.

Julle is ‘great”.

Ds Barbara Louw
Hoof Uitvoerende Beampte van Inter Trauma Nexus

Joy van Rensburg

Mario en medewerkers van Grobbelaars Begrafnisdienste

Baie dankie vir u bystand en ondersteuning, met die verassing van my Moeder, Mev C E Schrader.  Dit het my baie gehelp in ‘n droewige tyd en ek sal dit altyd onthou.

Sterkte aan u almal met hierdie besondere diens.

Groete

Joy van Rensburg Dogter
Chris, Lisette Steinmann

Liewe Johanna

Baie dankie vir al die steun en onderskraging wat ons ontvang het.  Dit word opreg waardeer.

Mag die Here jou ryklik seën met Sy liefde en vrede sodat jy kan aanhou deel met bedroefde families.

Beste wense

Chris, Lisette Steinmann
Tiaan en Joey Gildenhuys

Geagte Mev Basilio

Begrafnis van wyle Imari Prinsloo

Graag wil ons net hiermee namens al die familie en vriende van wyle Imari Prinsloo aan u onderneming baie dankie sê vir die professionele en vriendelike wyse waarop alles hanteer was.

Ons wil spesifiek graag vir Mario en Olive uitsonder, asook vir Jan vir sy dienste by die graf.

Mag ons Here Jesus Christus u en u onderneming, asook u personeel, oorvloediglik seën vir die wyse waarop julle ons hartseer hanteer het.

Groete in ons Here Jesus Christus!

Tiaan en Joey Gildenhuys

Tiaan en Joey Gildenhuys
Ds Charl Oosthuizen

Namens die familie van wyle J J Oosthuizen wil ek u opreg bedank vir die deernis en puik diens wat Grobbelaars en Elsabé, en veral Johanna de Beer, aan ons gegee het vir die begrafnisdiens.

Ds Charl Oosthuizen
Eugene Marais

Hiermee wil ek net my opregte dank uitspreek met die diens wat julle as ‘n span met die begrafnis van my moeder Alida, gelewer het.
Frieda, Elmien en Henno wat direk met my onderhandel het, het met die grootste eerbied en respek my leed gedeel.
Die hartlike vriendelikheid om te help met besluite in ‘n moeilike tyd was hoogs professional en tog ook persoonlik

Eugene Marais
A Odendaal

Dis vandag ‘n maand sedert my ma begrawe is.

Dit voel soms nog so onwerklik dat sy nie meer daar is nie, maar tyd stap aan en ons moet aangaan.
Ons wil julle opreg bedank dat julle haar begrafnisdiens vir ons hanteer het, dit was so spesiaal gedoen, alles was mooi en rustig en stil by die graf, so goed georganiseer. Baie dankie aan Pierre.
Baie dankie vir die pragtige begrafnisbrief. Dankie vir Elmien se geduld met my met elke verandering wat sy moes doen. Die brief was so mooi!
Baie dankie Trudie dat jy sommer dieselfde oggend nog uitgery het na ons toe om met die reëlings te help en al die oproepe daarna elke dag, dit het baie gehelp, want vanself was dit moeilik om gefokus te bly.
Dankie vir Mario en Henno wat vir ouma op die vloer, in n baie klein spasie, moes optel en ondertoe dra. Daar het hulle ons geduldig genoeg tyd gegee het om weereens vir ouma te groet.
Dankie ook vir Elsabè se oproep aan my, dit het baie beteken.

Voorspoed met julle werk elke dag en mag julle mildelik geseën word vir wat julle vir families beteken in hierdie uiters moelike tyd.
Groete

A Odendaal
Mnr JDB JORDAAN

Ons wil vir Frieda (Centurion Tak) graag persoonlik bedank vir haar flinke en professionele hulp en alles wat
gepaard gaan met al die begrafnisreelings. Dit was wonderlik om met iemand so goed saam te werk wat alles kan reel of klaar gereel het nog voor jy kon vra !!!!

Baie dankie weereens Frieda vir al jou bystand, ek glo jy is n groot aanwins vir die besigheid in alle fasette !!Ek sal jou!! en Grobbelaars enige tyd aanbeveel.
Baie Dankie
Die Uwe

Mnr JDB JORDAAN
J v d Merwe

Liewe Shireen

Ek wil jou spesiaal bedank vir die puik manier waarop jy ons ma se begrafnis hanteer het. Jy was so geduldig en hulpvaardig, terwyl daar baie druk op jou was mbt die ontvangsdame wat siek was, die vakansiedag en dat ons tot op die laaste nippertjie nog informasie wou byvoeg.
Die blaadjies was absoluut pragtig en perfek.
Ook baie dankie vir al jou reëlings dat my Pa, my Ma nog kon besigtig, en al jou reëlings mbt die graf. Alles het pragtig en geseënd verloop.
Die graf was mooi deur julle voorberei met afdakkie, stoele en water. Alles was vars en netjies so vroeg oggend. Ook baie dankie aan Pierre wat ons bygestaan het by die graf. Wat ń aangename man. Ons het hom baie waardeer.
Ons het julle ook spesiaal bedank en julle puik diens uitgelig by die gedenkdiens.
Baie waardeering en liefde van die vier dogters.
Liefde

J v d Merwe
Linda Williams

Goeie more Frieda

Ek weet jy is nog nie op kantoor nie, maar ek sal bly wees as jy hierdie brief kry sommer vroeg vanoggend. My eintlike rede dat ek vir jou hierdie brief skryf is omdat ek hierdie gedagtes in my hart en kop ronddra, en graag met jou wil deel:

Ek het nog NOOIT sulke flinke, vriendelike, behulpsame diens van enige persoon gekry nie… nie eers in die oënskynlike wonderlike Australië waar ek nou woon nie. Ek kon jou enige tyd bel, e mail, besoek en as ek my oë uitgevee het, het jy sommer huisbesoek ook gedoen.

Ek weet nie eintlik wat beteken dankie in Afrikaans nie. Ek wil die woord vervang met ek was “blessed” dat jy op ons pad gekom het. Dit het die diens soos ‘n troue laat voel. En baie baie dankie dat jy ook daar in persoon was, dit het vir my meer beteken as wat jy ooit sal besef.

Ek hoop regtig dat jy dié vir jou baas kan aanstuur dat sy besef sy het ‘n stuk goud in jou.

Jou diens is flink, onvoorwaardelik, onselfsugtig, vriendelik, emsioneel ondersteunend en opreg! Ek kan nog baie woorde uitdink wat ook waar gaan wees, maar dié het eerste in my kop opgekom.

Ek gaan vanoggend my ma se mediese fonds probeer “uitsort”…. dit kan dalk die hele dag neem, want ek dink nie daar werk “Friedas” nie.

Lekker dag!

Linda Williams